Isaiah 60:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Terwyl jy verlaat en gehaat is, sodat niemand deur jou gegaan het nie, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
Afrikaans (NLV) 2011 “Waar jy voorheen verstoot is, gehaat en deur almal vermy, gee Ek jou nou blywende roem, en maak Ek jou ’n vreugde, geslag na geslag.
Afrikaans 1933/1953 In plaas dat jy verlate en gehaat is sonder dat iemand daar deurtrek, sal Ek jou maak tot 'n ewige heerlikheid, 'n vreugde van geslag tot geslag.
Afrikaans 1983 Jy sal nie meer verstoot en gehaat wees nie, 'n plek waar niemand kom nie, want Ek gee blywende roem aan jou, vreugde sonder einde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In plaas daarvan dat jy verlate en gehaat is, sonder enige verbygangers, sal Ek jou 'n voorwerp van ewige trots maak, 'n vreugde van geslag tot geslag.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar het niemand in jou gewoon nie, niemand wou deur jou loop nie. Maar nou sal almal trots wees op jou, elke nuwe geslag sal bly wees oor jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy was vroeër ’n eensame en verlate plek waarby niemand wou kom nie. Ek maak jou nou ’n pragtige plek wat een geslag mense na die ander graag wil besoek.