Isaiah 60:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die seuns van die wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe kom; en almal wat jou verag het, sal hulle voor jou voetsole neerbuig; en hulle sal jou noem: Stad van die HERE, Sion van die Heilige van Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die kinders van jou verdrukkers sal voor jou kom buig. Almal wat op jou neergesien het, sal jou voete kom soen. Hulle sal jou noem: die Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die HERE, Sion van die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1983 | dié wat jou verdruk het, sal na jou toe kom en buig, almal wat jou met minagting behandel het, sal by jou voete kniel. Hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Na jou sal hulle neergeboë kom – die kinders van jou verdrukkers; almal wat jou verag het, sal diep neerbuig by jou voetsole. Hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat jou verdruk het en wat gedink het jy beteken niks, sal na jou toe kom en laag voor jou buig. Hulle sal jou noem ‘Stad van die Here, Sion wat behoort aan die Heilige God van Israel.’ |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volke wat jou onderdruk het, sal by jou kom verskoning maak. Almal wat op jou neergesien het, sal onderdanig wees en by jou voete kom kniel. Hulle sal jou noem: Stad van die Here, en: Sion van die heilige God van Israel. |