Isaiah 60:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die heerlikheid van die Líbanon sal na jou toe kom, die sipres, die denneboom en die kis saam, om die plek van my heiligdom te versier; en Ek sal die plek van my voete heerlik maak.
Afrikaans (NLV) 2011 “Die pragtige bome van die Libanon sal na julle toe kom, die woude vol sipresse, platane en denne. Dit sal gebruik word om my heiligdom te versier. My tempel sal heerlik wees.
Afrikaans 1933/1953 Die heerlikheid van die L¡banon sal na jou toe kom, die sipres, die plataan en die denneboom almal saam, om te versier die plek van my heiligdom; en Ek sal die plek van my voete heerlik maak.
Afrikaans 1983 Die hoë bome van die Libanon sal na jou toe kom, sipresse, platane en denne, om die roem van my heiligdom te vermeerder, om luister te verleen aan my tempel:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die luister van die Libanon sal na jou kom – sipresse, wildevliere en dennebome, almal tegelyk – om my heilige plek te versier. Aan die rusplek van my voete sal Ek eer gee.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hout van die beste bome op Libanon-berg sal na jou toe kom, sipreshout, plataanhout en dennehout, en dit sal my tempel mooi maak, Ek sal die plek waar Ek woon, pragtig maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die beste hout uit die Libanon sal na Jerusalem gebring word. Sipres-, plataan- en dennehout sal gebruik word om my tempel mooi te maak. Ek sal die plek waar Ek aanbid word, mooi laat maak.