Isaiah 60:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarom sal jou poorte gedurigdeur oop wees; dag en nag mag hulle nie gesluit word nie; sodat mense die leërs van die heidene na jou kan bring, en dat hulle konings gebring kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jou stadshekke sal heeldag en heelnag oop wees, sodat die rykdom van die nasies na jou gebring kan word en die konings in ’n triomftog die stad binnegelei sal word. |
| Afrikaans 1933/1953 | En jou poorte sal altyddeur oopstaan; hulle sal bedags of snags nie gesluit word nie, om na jou toe aan te bring die rykdom van die nasies en hulle konings in triomftog. |
| Afrikaans 1983 | Jou poorte sal altyd oop staan, dag of nag sal hulle nie gesluit word nie sodat die rykdomme van die nasies na jou toe gebring kan word, en hulle konings as gevangenes na jou toe gelei kan word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Jou poorte sal altyd oopstaan; bedags en snags sal dit nie gesluit word nie, sodat mense die rykdom van nasies na jou toe kan bring, met hulle konings wat in 'n segetog gelei word. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jou poorte sal elke dag en nag oop wees sodat die duur en mooi dinge van die volke na jou toe kan kom, en sodat die volke hulle konings na jou toe kan lei. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jou stad se hekke sal dag en nag oopstaan sodat die nasies se rykdom daardeur na jou kan inkom. Hulle sal nooit gesluit word nie sodat die konings julle enige tyd kan kom besoek. |