Isaiah 60:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die kinders van vreemdelinge sal jou mure opbou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou getref, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vreemdes sal jou stede herbou, hulle konings sal tot jou diens wees. Ek het jou in woede gestraf, maar in my genade sal Ek My oor jou ontferm. |
| Afrikaans 1933/1953 | En uitlanders sal jou mure bou, en hulle konings sal jou dien; want in my toorn het Ek jou geslaan, maar in my welbehae het Ek My oor jou ontferm. |
| Afrikaans 1983 | Uitlanders sal jou mure herbou, en hulle konings sal in jou diens wees. Ek het jou in my toorn gestraf, maar in my genade ontferm Ek My oor jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Vreemdes sal jou mure herbou, en hulle konings sal tot jou diens wees. Ja, in my grimmigheid het Ek jou geslaan, maar in my guns ontferm Ek My oor jou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Mense van ander lande sal jou mure bou, en hulle konings sal vir jou werk, want Ek het jou gestraf toe Ek kwaad was, maar Ek wil graag weer goed wees vir jou. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Buitelanders sal jou mure weer opbou. Hulle konings sal vir jou werk. Toe Ek vir jou kwaad was, het Ek jou gestraf. Noudat Ek jou jammer gekry het, sal Ek weer vir jou goed wees. |