Isaiah 60:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Staan op, skyn; want jou lig het gekom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
Afrikaans (NLV) 2011 “Staan op, Jerusalem, laat jou lig skyn sodat alle volke dit kan sien! Want die Here se heerlikheid skyn op jou.
Afrikaans 1933/1953 Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.
Afrikaans 1983 Kom, Jerusalem, laat skyn jou lig! Vir jou het die lig gekom, die magtige teenwoordigheid van die Here het vir jou lig gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Staan op, laat jou lig skyn! Ja, jou lig het gekom, en die heerlikheid van die Here skyn oor jou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jerusalem, jy moet opstaan, jy moet jou lig laat skyn, want jou lig het gekom, die lig van die Here self sal op jou skyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Staan op, Jerusalem, dat jy lig kan gee vir die wêreld. Die Here is by jou. Hy maak jou soos ’n lig wat skyn in die wêreld.