Isaiah 6:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Gaan sê vir hierdie volk: Hoor tog, maar verstaan nie; en sien julle wel, maar bemerk nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het gesê: “Ja, gaan. Sê vir hierdie mense só: “‘Julle sal my woorde hoor, maar dit nie verstaan nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie die betekenis daarvan snap nie.’
Afrikaans 1933/1953 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.
Afrikaans 1983 Toe het die Here gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal hoor en hoor en tog sal julle niks verstaan nie, en kyk en kyk en tog niks sien nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk, ‘Luister goed, maar moenie verstaan nie; kyk goed, maar moenie begryp nie.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gesê: “Gaan sê vir hierdie volk: ‘Julle sal hoor en hoor wat Ek sê, maar julle sal nie verstaan nie. Julle sal kyk en kyk, maar julle sal nie weet wat julle sien nie.’
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe sê die Here vir my: “Gaan sê vir hierdie volk: Julle sal my stem hoor, maar nie ’n woord verstaan van wat Ek sê nie. Julle sal sien wat Ek doen, maar nie besef wat dit beteken nie.”