Isaiah 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het dit op my mond gelê en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak; en jou ongeregtigheid is weggeneem en jou sonde gereinig.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het my lippe daarmee aangeraak en gesê: “Kyk, hierdie kool het jou lippe aangeraak. Nou is jou skuld weg en jou sondes vergewe.”
Afrikaans 1933/1953 en my mond daarmee aangeraak en gesê: Kyk, dit het jou lippe aangeraak, en jou skuld is weg en jou sonde versoen.
Afrikaans 1983 Hy het my mond aangeraak met die kool en gesê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou oortredinge vergewe, jou sonde versoen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het my mond aangeraak en gesê: “Kyk, dit het jou lippe aangeraak, jou sondeskuld het gewyk, daar is vir jou sonde versoening gedoen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het aan my mond geraak met die kool en hy het gesê: “Kyk, die kool het aan jou lippe geraak, nou is jou sonde weg, God het jou gereinig.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy raak toe met die kool aan my mond en sê: “Noudat die gloeiende kool jou lippe aangeraak het, is jou skuld weggeneem en jou sonde vergewe.”