Isaiah 6:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: Wee my! want ek is ongedaan gemaak; want ek is 'n man van onrein lippe en woon in die midde van 'n volk met onrein lippe; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het hard geroep: “Ellende het my getref! Want ek is ’n sondige mens, tussen ander sondige mense. En tog het ek die Koning, die Here, die Almagtige, gesien!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien! |
| Afrikaans 1983 | Toe het ek uitgeroep: “Dit is klaar met my! Ek is verlore! Elke woord oor my lippe is onrein, en ek woon onder 'n volk van wie elke woord onrein is. En nou het ek die Koning gesien, die Here die Almagtige.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het gesê: “Wee my, want ek is verlore! Want ek is 'n mens met onrein lippe, en by 'n volk met onrein lippe woon ek. Ja, my oë het die Koning, die Here, Heerser oor alle magte, gesien.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gesê: “Dit sal sleg gaan met my! Alles wat ek sê, is onrein, en alles wat my mense sê, is ook onrein. En nou het ek die Koning gesien, die Here wat oor alles regeer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê ek: “Dit is verby met my, want ek is skuldig! Ek doen gedurig sonde deur wat ek sê, en nie net ek nie, maar ook die volk by wie ek bly. En nou het ek met my eie oë die Koning gesien, die Here die Almagtige!” |