Isaiah 6:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die een het die ander aangeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare; die hele aarde is vol van sy heerlikheid.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het mekaar toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here, die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid!”
Afrikaans 1933/1953 En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Afrikaans 1983 Die serafs het mekaar telkens toegeroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teenwoordigheid.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle het na mekaar geroep en gesê: “Heilig, heilig, heilig is die Here, Heerser oor alle magte! Die hele aarde is vol van sy heerlikheid.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die serafs het hard vir mekaar gesê: “ Heilig, heilig, heilig is die Here wat oor alles regeer. Hy is oral op die aarde.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Terwyl hulle so gevlieg het, het hulle oor en weer vir mekaar geroep: “Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Sy magtige teenwoordigheid sprei oor die aarde soos ’n doek.”