Isaiah 6:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê ek: HERE, hoe lank? En hy het geantwoord: Totdat die stede verwoes is sonder inwoners en die huise sonder mense en die land heeltemal woes is, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe vra ek: “Here, hoe lank moet ek dit doen?” Hy het geantwoord: “Totdat hulle stede heeltemal verwoes is en niemand meer daarin bly nie. Totdat hulle huise leeg staan en die hele land ’n ruïne geword het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis, |
| Afrikaans 1983 | Toe vra ek: “Tot wanneer, Here?” En Hy het geantwoord: “Totdat die stede verwoes en sonder inwoners is, totdat die huise verlate is en die land in 'n puinhoop omskep is, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop vra ek: “Tot wanneer, my Heer?” Hy het geantwoord: “Totdat die dorpe vervalle lê sonder inwoners, die huise sonder mense is, die land verval tot 'n woesteny, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het gevra: “Here, tot wanneer moet ek dit doen?” En Hy het gesê: “Totdat daar nie meer mense oorbly in die stede nie, totdat daar nie meer mense woon in die huise nie, totdat daar nie meer koring en vrugte is nie, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek vra toe: “Hoe lank sal dit aangaan, Here?” Sy antwoord was: “Totdat al die stede verwoes en verlate is en al die huise leeg staan en die hele land in ’n puinhoop omskep is. |