Isaiah 6:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maak die hart van hierdie volk vet, en maak hulle ore swaar en maak hulle oë toe; dat hulle nie met hul oë sien en met hul ore hoor en met hul hart verstaan en hul bekeer en gesond word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Verhard hierdie volk se harte. Maak hulle ore toe en hulle oë blind. Andersins sien hulle dalk en hoor hulle, en verstaan hulle, en draai dan na My toe en word hulle gesond gemaak.”
Afrikaans 1933/1953 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
Afrikaans 1983 Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk traag van begrip, maak hulle ore doof en hulle oë blind sodat hulle nie met hulle oë sien, met hulle ore hoor, en met hulle verstand begryp en hulle hulle bekeer en genees word nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maak die harte van hierdie volk ongevoelig, maak hulle ore doof en smeer hulle oë toe, sodat hulle nie sien met hulle oë, met hulle ore nie hoor, en met hulle hart nie verstaan, en nie terugdraai en genees word nie!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet hierdie volk dom maak, jy moet hulle ore laat toegaan. Jy moet hulle oë toemaak, sodat hulle nie kan sien en hoor en verstaan en verander en lewe soos Ek wil hê nie, en sodat Ek hulle nie sal gesond maak nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Verder het Hy vir my gesê: “Maak hierdie volk hardkoppig. Druk hulle oë en ore toe sodat hulle niks kan hoor of sien of verstaan nie, sodat hulle nie na My toe terugkom en vra dat Ek hulle moet gesond maak nie.”