Isaiah 6:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) In die jaar dat koning Ussia gesterf het, het ek ook die HERE sien sit op 'n hoë en verhewe troon, en sy trein het die tempel gevul.
Afrikaans (NLV) 2011 In die jaar wat koning Ussia dood is, het ek die Here gesien. Sy troon was hoog en verhewe, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.
Afrikaans 1933/1953 In die sterfjaar van koning Uss¡a het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.
Afrikaans 1983 In die jaar van koning Ussia se dood het ek die Here gesien. Hy het op 'n baie hoë troon gesit, en die onderste van sy kleed het die tempel gevul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die sterfjaar van koning Ussia het ek my Heer sien sit op 'n hoë en verhewe troon. Die some van sy kleed het die •tempel gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek, Jesaja, het die Here gesien. Dit was in die jaar toe koning Ussia gesterf het. Die Here het op 'n baie hoë troon gesit en die onderkant van sy klere het die tempel volgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In die jaar toe koning Ussia dood is, het ek die Here in ’n visioen gesien. Hy het op ’n baie hoë troon gesit, en die soom van sy kleed het die tempel gevul.