Isaiah 59:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daarom is die reg ver van ons af, en die geregtigheid tref ons nie; vir helderheid, maar ons wandel in duisternis.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarom is redding ver van ons, geregtigheid nie te vind nie. Ons wag op lig, maar alles bly donker om ons. Ons wag vir helderheid, maar dit is nog steeds donker.
Afrikaans 1933/1953 Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op 'n helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.
Afrikaans 1983 Daarom is daar geen sprake van reg en geregtigheid vir ons nie. Ons wag op lig, maar dit bly donker, ons wag op 'n straaltjie lig, maar ons pad bly pikdonker.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarom is regverdigheid ver van ons, geregtigheid bereik ons nie. Ons wag op die lig, maar kyk, daar is duisternis – op 'n ligskynsel, maar ons dwaal in die donker.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom is daar by ons niks wat reg is nie, en niemand by ons doen reg nie. Ons het gewag vir lig, maar daar is net donker, ons het gehoop die lig sal skyn, maar ons loop in die donker.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Daar is niemand onder ons wat reg doen nie. Ons ken nie meer regverdigheid nie. Ons wag verniet dat dit moet verander. Alles bly net soos dit is. Ons strompel maar voort in die stikdonker.