Isaiah 59:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die weg van vrede ken hulle nie; en daar is geen oordeel in hulle paaie nie; hulle het vir hulle krom paaie gemaak; elkeen wat daarin gaan, sal vrede nie ken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ware vrede ken hulle nie. Op hulle paaie is daar geen reg nie. Dié wat daarop loop, sal nie vrede ken nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle ken nie so iets soos 'n pad van vrede nie, waar hulle loop, is daar geen reg nie; hulle loop krom paaie, wie hulle volg, sal nie vrede ken nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die pad van vrede ken hulle nie. Daar is geen regverdige optrede op hulle roetes nie. Hulle maak self hulle paaie vol kinkels; niemand wat daarop loop, ervaar vrede nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle weet nie hoe om vrede te maak nie, en ook nie hoe om reg te doen aan ander mense nie. Hulle lewe verkeerd, mense wat lewe soos hulle lewe, sal nie vrede hê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle ken nie so iets soos vrede nie. Op hulle pad bestaan daar nie so iets soos regverdigheid nie. Hulle paaie is vol kronkels en draaie. Dié wat saam met hulle loop, kom nooit tot rus nie. |