Isaiah 59:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle voete hardloop na die kwaad, en hulle maak haastig onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is gedagtes van ongeregtigheid; vermorsing en vernietiging is in hulle paaie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet. Hulle planne is bose planne. Hulle kenmerk is ondergang en verwoesting. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle voete hardloop om kwaad te doen en is haastig om onskuldige bloed te vergiet; hulle gedagtes is onheilsgedagtes, verwoesting en verbreking is in hulle paaie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle aarsel nie om onskuldige bloed te vergiet nie. Hulle planne is bose planne: oral waar hulle gaan, is daar verwoesting en ondergang. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle voete hardloop na die kwaad; hulle haas hulle om onskuldige bloed te vergiet. Hulle planne is planne van onheil; daar is verwoesting en vernietiging op hulle hoofpaaie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle doen graag slegte dinge, hulle maak graag mense dood. Hulle dink net aan verkeerde dinge om te doen, hulle verwoes en breek alles waar hulle gaan. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle hardloop agter die kwaad aan. Hulle huiwer nie ’n oomblik om iemand dood te maak nie. Hulle dink skelm dinge uit. Hulle laat ’n spoor van verwoesting agter hulle waar hulle gaan. |