Isaiah 59:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle weefsels sal geen klere word nie, en hulle sal hulleself nie met hulle werke bedek nie: hulle werke is werke van ongeregtigheid, en die daad van geweld is in hulle hande.
Afrikaans (NLV) 2011 Die spinnerakke is onbruikbaar vir klere; hulle kan hulleself nie daarmee toemaak nie. Hulle dade is vol boosheid en hulle kenteken is geweld.
Afrikaans 1933/1953 Hulle weefsels deug nie vir klere nie, en met hulle voortbrengsels kan niemand hom toemaak nie; hulle werke is onheilswerke, en die daad van geweld is in hulle hande.
Afrikaans 1983 Hulle spinnedrade deug nie vir klere nie, hulle kan hulle nie toemaak met wat hulle gemaak het nie; hulle dade is misdade, hulle pleeg net geweld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle spinnerakdrade deug nie vir klere nie – met hulle handewerk kan mense hulleself nie bedek nie. Hulle handewerk is onheilswerk – dade van geweld is in hulle hande.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) maar hulle kan nie klere maak van die drade nie, en hulle kan hulle nie daarmee toemaak nie. Alles wat hulle doen, is sonde, hulle hou aan om slegte dinge te doen aan mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Met die spinnerak van hulle woorde kan jy nooit vir jou klere maak nie. Wat hulle doen, is goed vir niks. Trouens, al wat van hulle geknoei kom, is misdaad. Hulle hande bring net geweld.