Isaiah 59:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Niemand vra geregtigheid en niemand pleit vir waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en praat leuens; hulle word swanger van onheil en bring ongeregtigheid voort. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Niemand stel sy saak met opregtheid nie. Geen uitspraak is betroubaar nie. Almal vertrou op leë argumente en praat leuens. Hulle verwek slegte gedagtes en gee dan geboorte aan onreg. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daar is niemand wat aanklaag in geregtigheid en niemand wat 'n regstryd voer in waarheid nie; hulle vertrou op nietigheid en spreek valsheid, met moeite gaan hulle swanger en baar onheil. |
| Afrikaans 1983 | Niemand stel sy saak eerlik nie, geen uitspraak is betroubaar nie. Almal vertrou op leë woorde, wat hulle sê, is nie waar nie, hulle is swanger van kwaad, hulle bring onreg voort. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Niemand beroep hom op geregtigheid nie, en niemand bepleit sy saak met die waarheid nie. Hulle vertrou op nietighede, en maak valse uitsprake. Hulle raak swanger van moeilikheid, en gee geboorte aan onheil. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daar is niemand wat eerlik praat nie, niemand wat regverdig oor mense oordeel nie. Hulle straf mense oor dinge wat die mense nie gedoen het nie. Hulle laat mense swaarkry wat nie verkeerd gedoen het nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Niemand is meer eerlik as hy iets sê nie. Die uitspraak van die hof kan jy nie vertrou nie. Elkeen reken op beloftes wat nooit nagekom word nie. Jy kan niemand meer op sy woord neem nie. Alles loop uit op bedrog. Al wat van iemand se woorde kom, is kwaad. |