Isaiah 59:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) So sal hulle die Naam van die HERE vrees van die weste af en sy heerlikheid van die opgang van die son af. Wanneer die vyand soos 'n vloed inkom, sal die Gees van die HERE 'n banier teen hom ophef.
Afrikaans (NLV) 2011 Van die westekant af sal mense die Naam van die Here eer, van die oostekant af sal hulle sy heerlikheid eer. Hy kom soos ’n opgedamde vloed, wat deur die Gees van die Here aangeblaas word.
Afrikaans 1933/1953 En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.
Afrikaans 1983 Van oos tot wes sal die Naam en die mag van die Here geëer word. Wanneer die teëstander aanstorm soos 'n rivier, jaag die Gees van die Here hom op loop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) In die weste sal hulle ontsag hê vir die Naam van die Here, in die ooste vir sy heerlikheid. Want Hy sal kom soos 'n rivier in 'n vernouing, wat deur die wind van die Here voortgedryf word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense, van die weste tot die ooste, sal bang word wanneer hulle die Naam van die Here hoor, want hulle sal weet Hy is die Koning. Hy sal kom soos 'n vol rivier en soos 'n stormwind.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dan sal almal in die wêreld respek hê vir die Here. Hy sal kom soos ’n bruisende rivier wat deur ’n stormwind aangejaag word.