Isaiah 59:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Volgens hulle dade sal Hy dienooreenkomstig vergelde, grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal hy vergoeding terugbetaal. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy vergeld almal volgens hulle verdienste: sy woede straf sy vyande, selfs hulle wat ver is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde. |
| Afrikaans 1983 | Hy vergeld volgens verdienste: toorn vir sy teëstanders, straf vir sy vyande, vergelding vir die eilande soos hulle verdien. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Volgens verdienste vergeld Hy: woede vir sy teenstanders, en wat hulle verdien, vir sy vyande. Die eilande vergeld Hy volgens verdienste. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal sy vyande straf, ook die vyande in die ver lande langs die see, want Hy is kwaad oor alles wat hulle gedoen het aan sy volk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy gaan elkeen terugbetaal vir wat hy gedoen het. Hy sal sy teëstanders terugbetaal met woede en sy vyande met hulle eie dade. Hy sal die lande wat oorsee is, volgens hulle verkeerde optrede vergeld. |