Isaiah 59:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want Hy het geregtigheid aangetrek soos 'n borswapen en 'n helm van verlossing op sy hoof; en hy het die klere van wraak as klere aangetrek en was met ywer bekleed soos 'n mantel.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy trek regverdigheid aan soos beskermende klere, en sit die helm van redding op sy kop. Sy klere is wraak en sy woede ’n mantel.
Afrikaans 1933/1953 En Hy het geregtigheid aangetrek soos 'n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in 'n mantel.
Afrikaans 1983 Hy trek geregtigheid aan soos 'n pantser en redding is die helm op sy kop; Hy trek straf aan as klere, Hy hang woede om Hom soos 'n mantel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geregtigheid aangetrek as 'n harnas, met die helm van verlossing op sy hoof. Hy trek klere van wraak as sy uitrusting aan; Hy draai Hom toe in ywer soos in 'n mantel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het gereedgemaak om reg te doen en om ons te red, Hy wou sy vyande straf oor die dinge wat hulle gedoen het, want Hy was baie kwaad.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy gaan regverdigheid aantrek soos ’n soldaat sy uniform. Hy gaan bevryding op sy kop sit soos ’n ysterhelm. Hy trek die klere van vergelding aan. Hy gaan sy woede aan sy lyf dra soos ’n jas.