Isaiah 59:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het gesien dat daar niemand was nie, en hy het hom verwonder dat daar geen voorspraak was nie; daarom het sy arm vir hom verlossing gebring; en sy geregtigheid, dit het hom onderhou. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy was verstom om te sien dat niemand die verdruktes help nie. Daarom het Hy self gekom om redding te bewerk en geregtigheid te laat geskied. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun. |
| Afrikaans 1983 | Hy sien dat daar niemand tussenbeide tree nie, Hy is verbaas daaroor. Daarom tree Hy self op en laat Hy self sy geregtigheid geld. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy het gesien dat daar niemand is nie, en was verbaas dat niemand tussenbeide tree nie. Sy voorarm het Hom bygestaan, en sy geregtigheid, dit het Hom ondersteun. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het dit gesien en Hy was verbaas dat niemand iets wil doen om dit te verander nie. Daarom het Hy dit self gedoen, met sy eie krag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here is verbaas om te sien dat daar niemand was wat ingryp om dinge te probeer verander nie. Hy gaan daarom self optree om toe te sien dat daar geregtigheid kom. |