Isaiah 59:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ja, die waarheid faal; en hy wat van die kwaad afwyk, word vir homself 'n buit.
Afrikaans (NLV) 2011 Waarheid is nêrens te vind nie. Elkeen wat ophou om kwaad te doen, word self vervolg. Die Here het dit raakgesien, en dit was vir Hom verkeerd dat daar geen regverdigheid in die regspraak meer was nie.
Afrikaans 1933/1953 Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.
Afrikaans 1983 Die waarheid het verdwyn, wie ophou om kwaad te doen, word daaroor vervolg. Die Here het dit gesien en dit is verkeerd in sy oë dat daar geen reg is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) So gebeur dit dat trou ontbreek. Wie afwyk van die kwaad, word beroof. Die Here sien dit, en dit is verkeerd in sy oë dat daar geen regverdigheid is nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, almal het leuens vertel. Wanneer iemand opgehou het om verkeerd te doen, dan het ander mense alles gevat wat hy het. Die Here het alles gesien. Hy was kwaad omdat niemand reg doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die waarheid het weggeraak. Iemand wat probeer om kwaad te vermy word daarvoor vervolg. Die Here het gesien wat gebeur. Dit is vir Hom heeltemal verkeerd dat daar nie meer geregtigheid onder ons is nie.