Isaiah 59:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die reg het agteruit gegaan, en die geregtigheid staan van ver af, want die waarheid het op die straat geval, en regverdigheid kan nie inkom nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die reg is omgekeer, die regverdige mense moet op ’n afstand staan. Die waarheid struikel in die strate. Eerlikheid kan nie daar ingaan nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie. |
| Afrikaans 1983 | Die reg het van die toneel verdwyn, die geregtigheid is ver van ons af, want die waarheid struikel waar daar reg gespreek word, eerlikheid kan nie daar inkom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So is regverdigheid teruggedwing, en bly geregtigheid ver weg staan. Ja, op die dorpsplein struikel die waarheid, en openhartigheid kan nie daar kom nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Niemand van ons het reg gedoen aan ander mense nie, niemand was regverdig nie. Niemand het die waarheid gepraat in ons strate nie, daar was nie plek vir iets wat reg is nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daar is nie meer regverdige uitsprake in die hof nie. Waarheid het tot ’n val gekom. Eerlikheid mag nie eers meer in die hofsaal inkom nie. |