Isaiah 59:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Deur teen die HERE te oortree en te lieg en van onse God af weg te wyk, verdrukking en opstand te spreek, bedrog en vals woorde uit die hart uit te spreek. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | ons opstand en valsheid teen die Here, die ontrou teen ons God, ons onreg en verdraaiing van die reg. Ons beplan en vertel leuens. |
| Afrikaans 1933/1953 | die afval en verloëning van die HERE en afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot van leuentaal uit die hart. |
| Afrikaans 1983 | die oortreding en die geveinsdheid teenoor die Here, die ontrou teenoor ons God, die beplanning van onderdrukking, die verdraaiing van die reg, die uitdink en rondvertel van leuens. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ons oortree teenoor, en verloën die Here; ons draai weg van ons God af deur te praat oor afpersing en wat vals is. Ons het swanger geraak van leuentaal, en prewel dit uit die hart. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ons was opstandig teen die Here, ons het gemaak of ons Hom nie ken nie, ons het weggedraai van ons God. Ons het planne gemaak om slegte dinge te doen aan mense en om opstandig te wees teen die Here. Ons het gedink watter leuens ons kan vertel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ons het ons teen die Here verset. Ons het gemaak asof die Here nie bestaan nie. Ons het die rug vir ons God gedraai. Ons het oor geweld en bedrog begin praat. Ons het leuens uitgedink en dit vir almal vertel. |