Isaiah 59:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want ons oortredinge is vermenigvuldig voor U, en ons sondes getuig teen ons, want ons oortredinge is met ons; en ons ongeregtighede, ons ken dit;
Afrikaans (NLV) 2011 Ons oortredings teen U is baie. Ons sondes getuig teen ons. Ons opstandigheid is altyd voor ons, ons is bewus van ons sondes:
Afrikaans 1933/1953 Want ons oortredinge is baie voor U, en ons sondes getuig teen ons; want ons oortredinge staan voor ons, en ons ongeregtighede -- ons ken hulle:
Afrikaans 1983 Ons oortredings teen U is baie, ons sondes kla ons aan. Ons oortredings bly ons by, ons bly bewus van ons sondes:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want ons oortredings voor U is baie, ons sonde getuig teen ons. Ja, ons oortredings is met ons, en ons sondeskuld – ons ken dit:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is omdat ons so baie opstandig was teen U. Ons sondes wys ons is skuldig, ons weet ons was baie opstandig, ons ken ons sondes.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons het al so baiekeer teen die Here in opstand gekom. Ons oortredings kla ons aan. Dit maal in ons gedagtes. Ons is bewus van alles wat ons verkeerd gedoen het.