Isaiah 59:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ons tas soos blindes na die muur, en ons tas asof ons geen oë het nie; ons struikel op die middag soos in die nag; ons is in verlate plekke soos dooies.
Afrikaans (NLV) 2011 Soos blindes tas ons teen die mure. Ons tas rond soos mense sonder oë. Selfs helder oordag struikel ons asof dit skemer is. Geen wonder ons is soos lyke tussen gesonde mense nie!
Afrikaans 1933/1953 Ons tas rond langs die muur soos blindes, en soos die wat geen oë het nie, tas ons rond; ons struikel op die middag soos in die skemeraand; ons is onder die gesondes soos dooie mense.
Afrikaans 1983 Ons tas teen die mure soos blindes, ons tas rond soos mense wat geen oë het nie. Ons struikel helder oordag soos in die skemer, ons is soos dooies onder gesonde mense.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ons tas soos blindes aan 'n muur, asof sonder oë tas ons rond. Ons slaan helder oordag neer, asof dit skemeraand is; ons slaan tussen gesondes neer, asof ons dooies is.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons vat-vat aan die muur soos blinde mense, ons voel rondom ons soos mense wat nie kan sien nie. Ons val in die helder dag soos wanneer dit donker is. Ons is soos dooie mense tussen gesonde mense.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons loop soos blindes voel-voel teen ’n muur. Ons tas rond soos mense sonder oë. Ons val oor ons voete asof ons in die donker loop terwyl dit helder dag is. Tussen mense wat springlewendig is, is ons soos dooie lyke.