Isaiah 59:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te verlos nie; en sy oor nie swaar dat dit nie kan hoor nie;
Afrikaans (NLV) 2011 Die Here is nie te swak om julle te red nie. Hy is nie te doof om julle te hoor nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, die hand van die HERE is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie;
Afrikaans 1983 Die arm van die Here is nie te kort om te help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, die hand van die Here is nie te kort om te verlos nie, sy oor is nie hardhorend, sodat Hy nie kan hoor nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dink dit is die Here wat julle nie kan red nie, julle dink dit is Hy wat julle nie kan hoor nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is nie of die Here julle nie kan bevry nie. Dit is ook nie dat Hy nie na julle wil luister nie.