Isaiah 58:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy moet roep, en hy sal sê: Hier is ek! As jy die juk, die uitsteek van die vinger en die spreek van nietigheid, uit jou midde wegneem; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wanneer jy dan roep om hulp, sal die Here antwoord. Jy sal roep om hulp en Hy sal sê: Hier is Ek! “As jy ontslae raak van die juk van verdrukking, van die beskuldigende vinger en kwaadpratery, |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord, |
| Afrikaans 1983 | Dan sal jy roep, en die Here sal antwoord, jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy sorg dat mense nie meer by jou verdruk word nie, nie meer gedreig en vals beskuldig word nie, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal jy roep en die Here sal antwoord. Jy sal om hulp roep, en Hy sal sê: “Hier is Ek!” As jy die juk uit jou midde verwyder, die vingerwysery en verderflike gepraat, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Wanneer julle dit doen en dan roep, dan sal die Here antwoord. Wanneer julle vra Hy moet help, dan sal Hy sê: ‘Hier is Ek.’ As julle ophou om mense te laat swaarkry en om ander mense te beskuldig en oor hulle te lieg, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy dan na die Here roep, sal Hy jou antwoord. As jy God vra om jou te help, sal Hy sê: Ek kom. Hou op om mense onregverdig te behandel. Hou op om vir mekaar vinger te wys en mekaar vals te beskuldig. |