Isaiah 58:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dan sal jou lig uitbreek soos die môre, en jou gesondheid sal gou uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan; die heerlikheid van die HERE sal jou loon wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | As jy dit doen, sal die lig vir jou deurbreek soos die nuwe dag. Jou wonde sal spoedig genees. Hy wat jou red, sal voor jou uitgaan, die heerlikheid van die Here sal jou van agter beskerm. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees. |
| Afrikaans 1983 | Dan sal die lig vir jou deurbreek soos die rooidag, jy sal gou herstel. Hy wat jou red, sal voor jou uit gaan, die mag van die Here sal agter jou aankom. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dan sal jou lig deurbreek soos die oggendskemering; en jou herstel sal spoedig aanbreek. Jou geregtigheid sal jou vooruitloop; die heerlikheid van die Here sal jou agterhoede dek. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal dit ook lig word in julle lewens, so lig soos wanneer die son opkom, en dit sal gou beter gaan met julle. Almal sal sien julle doen reg, en die Here self sal julle beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wanneer jy so maak, sal jy bevry word. Dit sal vinnig kom soos die lig wat met dagbreek die donker laat verdwyn. Jy sal oornag herstel. Die Here wat jou vrymaak, sal jou met sy krag van alle kante beskerm. |