Isaiah 58:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit nie om jou brood aan die hongeriges te gee en die armes wat verdryf is na jou huis toe te bring nie? as jy die naakte sien, bedek jy hom; en dat jy jou nie vir jou eie vlees verberg nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Is dit nie om jou kos te deel met dié wat honger is, om aan die arm swerwer blyplek te gee, om klere te gee vir mense wat dit nodig het, om nie weg te draai van jou familie wat jou hulp nodig het nie?
Afrikaans 1933/1953 Is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
Afrikaans 1983 Is dit nie dat jy vir dié wat honger is, van jou brood gee nie, dat jy aan die armes en die dakloses 'n blyplek gee nie, dat wanneer jy iemand sonder klere sien, jy vir hom klere gee nie, dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is dit nie bedoel om vir hongeriges jou brood te breek, om aan magteloses en haweloses onderdak te bied nie? Wanneer jy iemand sien wat kaal is, moet jy hom bedek, en jou nie afsydig hou van jou eie vlees en bloed nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet vir honger mense van julle kos gee en julle moet mense wat hulleself nie kan help nie en wat nie huise het nie, inbring in julle huise. Julle moet klere gee vir mense wat nie klere het nie. En julle moenie maak of julle nie sien dat dit julle eie mense is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gee kos vir hulle wat niks het om te eet nie. Gee blyplek aan hulle wat nêrens het om heen te gaan nie. Gee klere vir die mense wat jy kan sien niks het om aan te trek nie. Help jou familie as hulle hulp nodig het.