Isaiah 58:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Is dit so 'n vas wat ek gekies het? 'n dag vir 'n man om sy siel te verdruk? is dit om sy hoof soos 'n bies te buig en rouklere en as onder hom uit te sprei? wil jy dit 'n vas en 'n welbehae dag vir die HERE noem?
Afrikaans (NLV) 2011 Is dit die vas wat Ek verkies, net ’n dag waarop ’n mens homself verneder? Is dit om net jou kop te buig soos ’n biesie en te sit in sak en as? Is dit wat jy ’n vas noem, ’n dag wat vir die Here aanvaarbaar sal wees?
Afrikaans 1933/1953 Is d¡t die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos 'n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en 'n dag wat die HERE welgevallig is?
Afrikaans 1983 Is dit ál wat Ek op 'n vasdag wil hê: net dat 'n mens homself verneder, dat hy sy nek buig soos 'n biesie en in sak en as sit? Noem jy dít 'n vasdag, 'n dag waarvan die Here hou?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Is die vas wat Ek verkies dan so, 'n dag van verootmoediging vir 'n mens? Is dit om die hoof te buig soos 'n biesie, en in sak en as te lê? Is dit wat julle vas noem? is dit 'n dag wat die Here se goedkeuring wegdra?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dink Ek wil hê julle moet julle verneder wanneer julle vas. Julle dink Ek wil hê elkeen moet sy kop laat hang soos 'n biesie en elkeen moet rouklere dra en op die ashoop sit. Julle sê dit is hoe 'n mens moet vas, julle sê dit is waarvan die Here sal hou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op die dag dat julle vas, hou julle julleself kamtig nederig. Julle laat julle koppe vooroor hang soos ’n biesie wat geknak is. Julle trek begrafnisklere aan en julle gooi stof op julle koppe. En julle noem dit dan ’n vasdag. Dink julle nou dat dit die manier is om sonder kos klaar te kom? Is dit nou die dinge wat die Here gelukkig moet maak?