Isaiah 58:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Kyk, julle vas vir twis en twis, en om met die vuis van boosheid te slaan; julle mag nie vas soos julle vandag doen om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle vas eindig in twis, rusie en vuisgevegte. Op hierdie manier kan julle nie vas en dan verwag dat dit in die hemel gehoor sal word nie.
Afrikaans 1933/1953 Kyk, om te twis en te kyf, vas julle, en om te slaan met misdadige vuis; julle vas nie nou om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
Afrikaans 1983 Julle vasdae loop uit op twis en rusie, julle dam mekaar met die vuis by. Julle kan nie op hierdie manier vas en dan verwag dat julle gebed verhoor sal word in die hemel nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Kyk, net om te twis en rusie te maak, vas julle, en om genadeloos met die vuis te slaan. Julle vas nie vandag om julle stem in die hoogte te laat hoor nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle vas, maar julle beskuldig julle werkers en julle baklei met hulle. Hulle doen niks verkeerd nie, maar julle slaan hulle met die vuis. Wanneer julle vas en julle doen hierdie dinge, dan sal niemand in die hemel luister wat julle bid nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As julle vas, loop dit uit op rusies en bakleiery onder mekaar. Julle kan mos nie op so ’n manier vir My vas en dan verwag dat Ek na julle gebede moet luister nie!