Isaiah 58:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarom het ons gevas, sê hulle, en jy sien nie? waarom het ons ons siel verdruk, en jy het geen kennis nie? Kyk, op die dag van julle vas vind julle behae en eis al julle arbeid af.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle vra: ‘Waarom het ons gevas, maar U sien dit nie? Ons het ons verootmoedig, maar U het dit nie opgelet nie!’ “Dis omdat julle op vasdae net julle eie plesier najaag, en die mense in julle diens nog harder laat werk.
Afrikaans 1933/1953 Waarom vas ons, en U sien dit nie? Waarom kwel ons ons siel, en U weet dit nie? -- Kyk, op die dag as julle vas, soek julle geleentheid om sake te doen, en julle jaag al jul arbeiders aan.
Afrikaans 1983 Hulle vra: “Waarom vas ons, maar U sien dit nie, verootmoedig ons ons, maar U gee nie aandag daaraan nie?” Dit is omdat julle op die vasdae doen wat julle wil en die mense wat vir julle werk, nog harder laat werk.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ‘Waarom vas ons, maar U sien dit nie raak nie, verootmoedig ons ons, maar U merk dit nie op nie?’ Kyk, op julle vasdag kry julle kans vir besigheid, en jaag julle al julle werknemers aan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar nou wil hulle weet hoekom Ek nie sien wanneer hulle vas nie, hulle sê hulle verneder hulle voor My maar Ek sien dit nie. Sê vir hulle: Julle vas, maar julle dink net aan julleself op daardie dag, en julle laat werk die mense wat vir julle werk, nog harder.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle vra vir die Here: “Sien U dit dan nie raak dat ons vir U kom vas en sonder kos bly nie? Steur U U dan nie daaraan dat ons voor U kom stil raak nie?” Die Here sê: “Ja, maar Ek sien ook raak dat wanneer julle vas, julle dit maar net gebruik om geld te maak. Julle gebruik dit as ’n verskoning om die mense wat vir julle werk net nog harder te laat werk.