Isaiah 58:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hulle soek My elke dag en het 'n behae daarin om my weë te ken, soos 'n nasie wat geregtigheid doen en die verordening van hulle God nie verlaat nie; die verordeninge van reg vra hulle van My; hulle skep behae daarin om tot God te nader.
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle soek elke dag my wil asof hulle ywerig my paaie wil ken. Jy sou dink hulle is ’n volk wat doen wat reg is, en nie die bepalings van sy God nagelaat het nie. Hulle vra My om beslissings te maak en lyk gretig om naby God te wees.
Afrikaans 1933/1953 Wel soek hulle My dag vir dag en het 'n behae in die kennis van my weë! Soos 'n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het 'n behae in die toenadering tot God.
Afrikaans 1983 Hulle vra wel elke dag na my wil, asof hulle graag wil weet wat Ek van hulle verwag. Hulle gee voor dat hulle 'n nasie is wat doen wat reg is en hom aan die bepalings van sy God hou. Hulle vra My wel om regverdige beslissings asof hulle van my teenwoordigheid hou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Vir My raadpleeg hulle dag ná dag; kennis van My weë begeer hulle. Soos 'n nasie wat geregtigheid uitleef en nie afwyk van sy God se beslissings nie, vra hulle My oor regverdige beslissings; die nabyheid van God begeer hulle.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hulle vra elke dag wat Ek wil hê hulle moet doen, hulle wil graag weet wat Ek vir hulle wil leer. Hulle doen dit soos mense wat reg wil doen en gehoorsaam wil wees aan hulle God. Hulle vra Ek moet reg oordeel oor hulle, hulle wil graag hê Ek moet by hulle wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle bid wel elke dag tot My. Hulle gee voor dat hulle graag wil doen wat Ek van hulle verwag. Hulle tree op soos ’n volk wat graag die regte dinge doen. Hulle probeer om nie af te wyk van die regulasies wat hulle God hulle gegee het nie. Hulle probeer om die regte besluite te neem. Hulle kom graag na My toe om My te ontmoet.