Isaiah 58:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dan sal jy jou verlustig in die HERE; en Ek sal jou laat ry op die hoogtes van die aarde en jou onderhou met die erfdeel van jou vader Jakob, want die mond van die HERE het dit gespreek.
Afrikaans (NLV) 2011 dan sal jy jou vreugde vind in die Here. Ek sal jou die land weer in besit laat neem, Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob. Ek, die Here, het dit gesê.”
Afrikaans 1933/1953 dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
Afrikaans 1983 sal jy vreugde vind in die Here. Ek sal jou die land weer in besit laat neem, Ek sal jou laat eet van die opbrengs van die land van jou vader Jakob. Ek, die Here, het dit gesê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) dan sal jy jou vreugde vind by die Here. “Ek sal jou laat ry op die hoogtes van die aarde. Ek sal jou die erfenis van jou vader Jakob laat geniet.” Ja, die mond van die Here het gespreek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dan sal dit vir julle 'n fees wees om die Here te dien. Hy sal julle oor die hoogste plekke laat ry. Hy sal julle laat eet van die koring en die vrugte van die land van julle voorvader Jakob.” Ja, dit het die Here gesê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As jy die sabbat so deurbring, sal jy bly wees dat jy aan die Here behoort. Ek sal sorg dat almal oor die hele wêreld jou ken. Jy sal alles geniet wat jou oorgrootoupa Jakob aan jou nagelaat het. Ek, die Here, belowe dit vir julle.