Isaiah 58:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) As jy jou voet van die sabbat afkeer, om jou behae te doen op my heilige dag; en noem die sabbat 'n vreugde, heilig van die HERE, eerbaar; en eer Hom deur nie jou eie weë te doen en nie jou eie behae te vind en nie jou eie woorde te spreek nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “As jy jou daarvan weerhou om op die Sabbatdag te oortree en op my heilige dag te doen net wat jy wil; as die Sabbat vir jou ’n vreugde is, en jy die heilige dag van die Here in ere hou; as jy dit respekteer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie te doen wat jy wil, of nuttelose woorde te praat nie,
Afrikaans 1933/1953 As jy jou voet terughou van die sabbat -- om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat 'n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
Afrikaans 1983 As jy nie op die sabbat oortree nie, op my heilige dag doen net wat jy wil nie, as jy die sabbat 'n vreugde noem, as jy die heilige dag van die Here in ere hou, as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie te doen net wat jy wil nie, en nie handel dryf nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As jy jou voet terughou van die Sabbat, jou daarvan weerhou om te doen wat jy wil op my heilige dag, en die Sabbat 'n vreugde noem, eerbied toon vir dit wat heilig is vir die Here, die dag eer deur nie te doen wat jy gewoonlik doen nie, deur nie geleentheid te vind om jou besigheid te doen en 'n saketransaksie te bespreek nie,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Julle moet niks verkeerd doen op die Sabbatdag nie, julle moenie op my gewyde dag doen wat julle wil nie. Die Sabbatdag moet vir julle 'n feesdag wees, julle moet die gewyde dag van die Here respekteer. Julle moet die dag respekteer en nie doen wat julle op ander dae doen nie, julle moenie doen en praat wat julle wil nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Rus ’n bietjie op die sewende dag. Jy mag nie op die Here se dag sommer net doen wat jy wil nie. Dit moet ’n dag wees waarop jy bly is. Jy moet daardie dag aan die Here afstaan. Jy moenie met jou gewone werk aangaan nie. Jy moet nie op daardie dag besigheid doen of transaksies sluit nie.