Isaiah 58:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die wat van jou sal wees, sal die ou puinhope bou; en jy sal genoem word: Die hersteller van die breuk, die hersteller van paaie om in te woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou kinders sal die puinhope van jou stede herbou. Dan sal hulle jou noem: die een wat stukkende mure en stede opbou.
Afrikaans 1933/1953 En die wat uit jou voortkom, sal die ou puinhope bou; die fondamente van vorige geslagte sal jy oprig, en jy sal genoem word: Herbouer van gebreekte mure, hersteller van paaie, om bewoonbaar te maak.
Afrikaans 1983 Jou mense sal die ou puinhope herbou, die fondamente herstel wat al geslagte lank bestaan. Jy sal bekend staan as 'n volk wat sy afgebreekte mure herbou, wat sy strate herstel sodat daar weer mense kan woon.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sommige uit jou sal die oeroue puinhope herbou, die fondamente van geslagte gelede sal jy weer oprig. Jy sal genoem word: die een wat bresse toebou, die een wat paaie herstel, sodat mense daar kan woon.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle sal die hope klippe vat wat baie lank hier lê, en julle sal weer vir julle huise bou, en mure vir die stad. Almal sal sê julle is die mense wat stukkende mure weer bou en wat paaie regmaak sodat julle in die land kan woon.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jou nageslag sal die ou bouvalle weer opbou. Hulle sal op die fondamente bou wat al geslagte lank bestaan. Hulle sal julle die mense noem wat mure weer opbou, wat huise en strate weer regmaak om in te bly.