Isaiah 58:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in droogte en jou gebeente vet maak; en jy sal wees soos 'n besproeide tuin en soos 'n fontein waarvan die water nie ophou nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou. Jy sal wees soos ’n tuin wat genoeg water kry, soos ’n fontein wat altyd aanhou vloei. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal jou altyddeur lei; selfs in dor streke sal Hy in jou behoeftes voorsien. Hy sal jou sterk maak. Jy sal wees soos 'n tuin met volop water, soos 'n fontein waarvan die water nie opdroog nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here sal jou voortdurend lei; in dor plekke sal Hy jou keel verkwik, jou gebeente sal Hy sterk maak. Jy sal soos 'n natgeleide tuin wees, soos 'n waterbron waarvan die water nie teleurstel nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sal julle altyd lei en Hy sal vir julle genoeg gee, ook op plekke waar daar nie plante groei nie. Hy sal julle sterk maak. Julle sal wees soos tuine waar daar baie water is, soos fonteine wat altyd water het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sal dan die hele tyd saam met jou wees. Wanneer dit moeilik gaan, sal Hy vir jou gee wat jy nodig het. Hy sal jou krag gee. Jy sal wees soos ’n tuin wat goed natgemaak word. Daar sal nooit ’n tekort wees aan water in jou tuin nie. |