Isaiah 58:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Roep hardop, spaar nie, verhef u stem soos 'n basuin, en verkondig my volk hulle oortreding en die huis van Jakob hulle sondes.
Afrikaans (NLV) 2011 “Roep so hard as wat jy kan! Roep so hard soos ’n trompet kan blaas! Vertel my volk van hulle oortredings, die mense van Jakob van hulle sondes!
Afrikaans 1933/1953 Roep uit die keel, hou nie terug nie, verhef jou stem soos 'n basuin! En verkondig aan my volk hulle oortreding en aan die huis van Jakob hulle sondes.
Afrikaans 1983 Die Here sê: Roep uit volle bors, moet niks verswyg nie! Laat jou stem hoor, duidelik soos 'n ramshoring! Wys my volk op hulle oortredinge, die afstammelinge van Jakob op hulle sondes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Roep hard uit! Moenie terughou nie! Verhef jou stem soos 'n •ramshoring! Maak aan my volk hulle oortredings bekend, aan die huis van Jakob hulle sonde!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê: “Jy moet hard skree, so hard soos wanneer iemand 'n ramshoring blaas. Jy moet vir my volk, die nageslag van Jakob, sê hulle is opstandig, hulle doen sonde.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Skree so hard soos jy kan. Skree voluit. Roep so hard dat dit klink soos ’n trompet wat weergalm. Sê vir my volk wat hulle verkeerd gedoen het. Wys vir Jakob se kinders waar hulle oortree het.