Isaiah 57:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy het na die koning gegaan met salf, en jy het jou reuke vermeerder en jou boodskappers ver gestuur en jou verneder tot in die hel.
Afrikaans (NLV) 2011 Jy het olyfolie en parfuum as offers vir Molek gegee. Jy het boodskappers na ver plekke gestuur, selfs tot in die doderyk.
Afrikaans 1933/1953 En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe.
Afrikaans 1983 Jy het na Molek toe gegaan met olie en met baie wierook; jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur, selfs tot by die doderyk!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy het voor die koning gebuig met olie; jy het baie geurige salf aangebied. Jy het jou boodskappers na ver plekke gestuur, hulle laat afdaal tot in die •doderyk.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle het baie olyf-olie en wierook geneem en julle het die afgod Molek gaan dien. Julle het boodskappers gestuur om nog gode te soek in ver plekke, ook in die doderyk.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Jy het olie aan jou gesmeer en reukwater aangesit om vir die afgod Molek te offer. Jy het ver gaan soek vir ander gode tot wie jy kan bid. Jy het selfs in dieptes onder die aarde gaan soek.