Isaiah 57:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ook agter die deure en die deurposte het jy jou gedagtenis opgestel, want jy het jou aan 'n ander as my ontdek en opgegaan; jy het jou bed vergroot en vir jou 'n verbond met hulle gesluit; jy het hulle bed liefgehad waar jy dit gesien het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Agter toe deure het jy jou afgodsbeelde opgestel. Jy was ontrou aan My en het jou kaal uitgetrek. Jy het op die bed geklim, en vir hulle plek gemaak. Jy het ’n verbintenis met jou bedmaats gemaak en hulle naaktheid geniet. |
| Afrikaans 1933/1953 | En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien. |
| Afrikaans 1983 | Agter jou deure en aan jou kosyne het jy beeldjies opgehang. In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek, op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak. Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het. Jy het hulle naaktheid geniet. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Agter die deur en kosyn het jy jou simbole aangebring. Ja, van My af het jy weggegaan en opgeklim; jy het jou lêplek breed gemaak, en jouself gesny as jy sonder afgode was. Jy was lief vir hulle bed, na naaktheid het jy gestaar. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle het beelde agter die deure in julle huise gesit. Julle het weggegaan van My en julle het ander gode gedien. Julle is soos 'n slegte vrou wat haar klere uittrek en by 'n ander man in die bed klim, en dit is vir haar lekker om na sy kaal liggaam te kyk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy het jou afgode in jou huis gaan sit en die deur agter jou gesluit. Jy het padgegee van My af en soos ’n prostituut met die afgode in die bed gaan klim. Jy het met hulle ’n ooreenkoms gaan maak soos ’n slegte vrou wat betaal word om saam met haar minnaars in die bed te klim. |