Isaiah 57:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Onder die gladde klippe van die stroom is jou deel; hulle, hulle is jou lot; ook vir hulle het jy 'n drankoffer uitgegooi, 'n spysoffer gebring. Moet ek troos hierin ontvang?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle gode is die gladde rotse in die valleie. Vir hulle het julle drankoffers uitgegiet en graanoffers aangebied. Moet ek tevrede daarmee wees?
Afrikaans 1933/1953 By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê?
Afrikaans 1983 Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte, daar soek julle julle deel. Vir hulle bring julle drankoffers en offer julle graanoffers. Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) By die gladde klippe in die spruit lê jou lotsbestemming; hulle, ja, hulle bepaal mos jou lot! Ook vir hulle giet jy •drankoffers uit, laat jy •graanoffers in rook opstyg. Sou Ek sulke mense jammer kry?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dink die gladde klippe in die valleie sal julle gelukkig maak, en julle bring vir hulle drank-offers en koring-offers. Die Here vra: “Moet Ek daarmee tevrede wees en niks doen nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle maak van die groot klippe onder in die spruit julle gode. Julle dink dat hulle julle lewens reg kan laat loop. Julle gooi drank oor hierdie klippe uit om vir die gode te offer. Julle kom sit kos voor die klippe neer om hulle te aanbid. Dink julle vir ’n oomblik dat Ek hiermee tevrede kan wees?