Isaiah 57:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Verbrand julle met afgode onder elke groen boom, maak julle die kinders dood in die valleie onder die kranse van die rotse?
Afrikaans (NLV) 2011 Julle brand van wellus onder elke groen boom. Julle slag julle kinders in elke vallei, onder elke oorhangende rots.
Afrikaans 1933/1953 wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe?
Afrikaans 1983 Julle dien die afgode met julle wellus onder die groot bome, onder elke groen boom. Julle offer julle kinders in die laagtes en onder die oorhangende rotse.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) julle wat brand van begeerte by die terebintbome, onder elke skaduryke boom, wat kinders slag in die spruite, onder oorhangende rotse?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle dien afgode onder die groot bome, onder elke groen boom. Julle slag julle kinders en offer hulle in die berge onder die rotse wat oorhang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle het seks onder groot bome om die afgode te vereer. Julle slaap by mekaar onder groen bome ter wille van die seksgode. Julle sny kinders keelaf onder in die laagtes. Julle offer hulle vir die afgode onder ’n groot rots.