Isaiah 57:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek skep die vrug van die lippe; Vrede, vrede vir hom wat ver is en vir hom wat naby is, spreek die HERE; en Ek sal hom genees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal hulle My weer loof. En hulle sal vrede hê, almal van ver en naby. Want Ek sal hulle almal genees,” sê die Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees. |
| Afrikaans 1983 | Ek stel hulle in staat om My weer te loof. Vrede vir dié wat ver is, vrede vir dié wat naby is, sê die Here. Ek sal hulle genees. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | gee Ek 'n loflied op die lippe. “Vrede, vrede, vir dié wat naby is en vir dié wat ver is,” sê die Here, “Ek sal hulle genees.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | maar Ek sal hulle laat sing. Dit sal weer goed gaan met hulle, oral waar hulle is, ver of naby. Ek sal hulle gesond maak.” Dit sê die Here. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal hulle weer laat sing. Alles sal weer reg wees vir dié wat hier naby is en dié wat nog daar ver weg is. Ek sal hulle gesond maak. |