Isaiah 57:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het sy weë gesien en sal hom genees; Ek sal hom ook lei en aan hom en sy treurendes vertroostinge teruggee.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek het gesien wat hulle doen, maar nogtans sal Ek hulle gesond maak! Ek sal hulle begelei en dié wat treur, vertroos.
Afrikaans 1933/1953 Ek het hulle weë gesien, en Ek sal hulle genees; en Ek sal hulle lei en aan hulle weer vertroosting skenk, naamlik aan hulle treuriges.
Afrikaans 1983 Ek het gesien wat met hom gebeur, en Ek sal hom genees. Dié van hom wat treur, sal Ek lei en terugbring; Ek sal vir hulle uitkoms gee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Sy paaie het Ek gesien, maar Ek sal hom genees. Ek sal hom lei en hom met vertroosting vergoed. En vir hulle wat oor hom treur,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesien hoe dit met hulle gaan, maar Ek sal hulle gesond maak. Ek sal hulle lei en dit sal weer goed gaan met hulle. Hulle huil en treur nou,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek het gesien wat toe met hulle gebeur het. Ek sal hulle weer herstel. Ek sal hulle teruglei en alles weer regmaak. Ek sal hulle wat huil, kom troos.