Isaiah 57:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het toornig geword oor die ongeregtigheid van sy hebsug en hom getref; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek was baie kwaad oor my volk se sonde en hebsug. Ek het hulle gestraf en Myself in woede onttrek aan hulle. Maar hulle het net bloot aangehou om te sondig. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ek was toornig vanweë die ongeregtigheid van hulle hebsug en het hulle geslaan terwyl Ek My toornig verberg het; ewenwel het hulle afkerig voortgegaan op hulle eie weg. |
| Afrikaans 1983 | Ek het toornig geword oor my volk se sonde en hebsug, Ek het hom geslaan en hom verlaat omdat Ek toornig was. Hy was opstandig en het sy eie koers ingeslaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “ Oor die sondeskuld as gevolg van sy gierigheid het Ek toornig geword en hom geslaan, het Ek My verberg terwyl Ek toornig was. Maar hy het afvallig geword, die pad van sy hart geloop. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek was kwaad omdat hulle nooit tevrede was met die dinge wat hulle het nie. Daarom het Ek hulle geslaan en Ek wou hulle nie sien nie. Hulle was opstandig, hulle het gelewe soos hulle self besluit het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek was kwaad vir my volk oor hulle altyd alles net vir hulleself wil hê. Ek het hulle gestraf. Ek het My eenkant gehou, maar hulle het maar net aangegaan en gemaak wat hulle wou. |