Isaiah 57:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want ek sal nie vir ewig twis nie, en ek sal nie altyd toornig wees nie, want die gees sal voor my beswyk en die siele wat ek gemaak het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Want Ek kla nie vir altyd aan nie en bly nie vir lank kwaad nie. Want dan sou dit die einde wees van die mens wat Ek geskep het en aan wie Ek die lewensasem gegee het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want Ek sal nie vir ewig twis en nie vir altyd toornig wees nie, want die gees sou voor my aangesig versmag en die siele wat Ek self gemaak het. |
| Afrikaans 1983 | Ek reken nie vir altyd sondes toe nie, Ek bly nie vir altyd toornig nie, want anders sou dit die einde beteken van die mens, die mens aan wie Ek die asem gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want Ek sal nie vir altyd 'n regstryd voer, en nie vir ewig toornig wees nie. Want menslike geeste sal voor My wegkwyn, ook die lewensasems wat Ek self gemaak het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, Ek sal nie aanhou om hulle te straf nie, Ek sal nie altyd kwaad bly nie, want as Ek kwaad bly, sal hulle nie kan aanhou lewe nie. Die asem wat Ek vir hulle gegee het, sal verdwyn. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal nie aanhou stry met hulle nie. Ek sal ook nie vir altyd vir hulle kwaad bly nie. Geen mens wat Ek gemaak het, sou dan kon bly lewe nie. |