Isaiah 57:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want so sê die Hoë en Verhewe wat in die ewigheid woon, wie se Naam Heilig is; Ek woon in die hoogte en in die heiligdom, ook by die verbryselde en nederige van gees, om die gees van die nederiges te laat herlewe en die hart van die verbryseldes te laat herlewe.
Afrikaans (NLV) 2011 So sê die hoë, verhewe Een wat vir altyd bestaan, wie se Naam die Heilige is: “Ek woon in ’n hoë, heilige plek, maar ook saam met die mens wat berouvol en nederig is. Ek gee nuwe krag aan dié wat nederig is en aan dié wat verdruk word, en nuwe krag aan dié wat berouvol is.
Afrikaans 1933/1953 Want so sê die Hoë en Verhewene wat in die ewigheid woon, Heilig is sy Naam: Ek woon in die hoogte en in die heilige plek en by die verbryselde en nederige van gees, om te laat herlewe die gees van die nederiges en te laat herlewe die hart van die verbryseldes.
Afrikaans 1983 So sê Hy wat hoog en verhewe is, Hy wat ewig leef en wie se Naam die Heilige is: Ek woon in 'n hoë en heilige plek en Ek is by hom wat verdruk en nederig is. Ek gee nuwe krag aan die nederiges, Ek gee nuwe krag aan die verdruktes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, so sê Hy wat hoog en verhewe is, wat vir ewig woon, wie se Naam die Heilige is: “In die hoogte, in 'n heilige plek, woon Ek, en ook by hulle wat verpletter en nederig is, om die gees van nederiges te laat herleef, om die hart van verpletterdes te laat herleef.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ja, die Here praat. Hy woon hoog in die hemel en Hy lewe vir altyd. Sy Naam is Heilige God, en Hy sê: “Ek woon in die hoë hemel, in die heilige hemel, maar Ek is ook by die mense wat nederig is, by mense wat weet hulle is onbelangrik en niks. Ek gee vir hulle nuwe lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) So sê die Here wat daar hoog bo bly en wie se Naam die hoë God is, Hy wat vir altyd leef en wat totaal anders is: Ek bly wel hoog daar bo, maar Ek bly ook by mense hier onder wat verneder en nederig is. Ek laat hulle weer uit die grond uit opstaan. Ek gee vir hulle nuwe hoop.