Isaiah 57:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | en sal sê: Werp op, werp op, berei die weg, neem die struikelblok op uit die pad van my volk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dan sal die Here sê: “Herbou die pad! Verwyder die rotse en klippe uit die pad van my volk!” |
| Afrikaans 1933/1953 | En hulle sal sê: Vul op, vul op, berei die weg, verwyder die struikelblok uit die weg van my volk. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het gesê: Vul die pad op, vul dit op, maak dit gereed! Verwyder die struikelblokke uit die pad van my volk. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hy sal sê: “Vul die holtes op, vul dit op! Maak 'n pad gereed! Verwyder struikelblokke uit die pad van my volk!” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê: “Julle moet 'n pad bou, julle moet 'n pad bou, julle moet 'n pad maak vir my volk, en julle moet alles wegvat wat in hulle pad is wat hulle keer.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: Herstel die pad. Maak dit weer reg. Vat die klippe uit die pad uit dat my volk weer kan terugkom. |